ONS AKTIWITEITE

Ons buitemuurs word deur privaat partye aangebied en is nie deel van die skoolfonds nie. Demonstrasies word aan die begin van die jaar vir ons Huppellanders gehou waarna ouers hulle kinders kan inskryf. Daar moet dan direk met die aanbieders kontak gemaak word vir enige navrae en inskrywings. As deel van die Gr R kurrikulum ontvang die Gr R leerders Kodering & Robotika, Experimaatjies en Playball.

Konsert

Huppelland bied een konsert aan wat jaarliks in die 4de kwartaal plaasvind. Die konsert lei altyd tot groot geheimhouding, opgewondenheid en pret en is ‘n Huppelland-instelling wat ook uitstekend ondersteun word deur die leerders en ouers van die Laerskool Jan van Riebeeck.

Opvoedkundige Uitstappies

Opvoedkundige uitstappies word kwartaalliks vir kleuters aangebied. In die beplanning van hierdie uitstappies word oorweging geskenk aan die veiligheid van kleuters en toereikende toesig word verskaf, en daarom sal aanbieders dikwels eerder na Huppelland kom as wat ons na hulle gaan. Weens die ligging van die skool word soms gebruik gemaak van die bus en busbestuurder van die Laerskool Jan van Riebeeck. In sulke gevalle sal u ‘n toestemmingsbrief ontvang waarin u versoek word om aan te dui of u instem daartoe dat u kind per bus vervoer word.

Buitemuurse Aktiwiteite

Ballet

Donderdae (30 minute) 12:30 – 14:00

Drama

Maandae (30 minute)
Graad 0 en 00 (3jr – 5jr) tydens skoolure.
Graad R vanaf 13:00

Experi-Maatjies

Woensdae (30 minute)
Vanaf 8:30
Slegs Graad R

Tiny Tumblers

Dinsdae (30 minute)
Graad OO – O (3jr – 5jr) tydens skoolure
Graad R vanaf 13:00

Gholf

Vrydae 13:00 (45 minute)
Graad R

Kindermusik

Vrydae (30 minute)
GR 00 en 0(3jr – 5jr) tydens skoolure
Graad R vanaf 13:00

Sportshub

Maandae (30 minute)
Vanaf 12:30

Rekenaars

Dinsdae tydens skoolure
Slegs Graad R

Rugby Akademie

Maandae tydens skoolure
Graad R

Krieket, Netbal, Rugby

Donderdae vanaf 12:45
Seisoenaal
Graad R

Yoga

Woensdae (30 minute)
Vanaf 12:30

Playball

Woensdae (30 minute)
Graad O tydens skoolure

Donderdae (30 minute)
Graad OO tydens skoolure

Vrydae (30 minute)
Graad R tydens skoolure

Karate

Vrydae (30 minute)
Vanaf 12:30

isiXhosa

Woensdae (30 minute)
Vanaf 14:00